Luister aanlyn: Beleidsradar gesels met Solidariteit Navorsing oor die NGV en sy gevare

Nov 05, 2019

Listen to “Solidariteit Navorsingsinstituut oor die NGV en die impak op mediese praktisyns” on Spreaker.

Die Beleidsradar het onlangs gesels met Morné Malan, ‘n senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI). Die SNI het al twee deeglike studies onder mediese praktisyns oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) onderneem.

Solidariteit is besig met ‘n omvattende veldtog teen die NGV.

Ons kyk na die NGV as ‘n beleidsvoorstel en bespreek uittreksels uit die SNI se navorsing onder mediese praktisyns. Ons kyk ook na die risiko’s wat ontstaan wanneer gesondheidsorg tot ‘n groter mate polities gesentraliseer word.

Gerhard van Onselen is die gasheer vir hierdie episode.

Vir meer oor Solidariteit se NGV-veldtog en verslae: https://gildes.solidariteit.co.za/gesondheidpraktisyns/ngv/

SNI: https://navorsing.solidariteit.co.za/

The post Luister aanlyn: Beleidsradar gesels met Solidariteit Navorsing oor die NGV en sy gevare appeared first on Sakeliga.


Ander nuus