Luister aanlyn: Prof. Peter Klein gesels oor BEE in SA

Okt 15, 2019

Professor Peter G. Klein het onlangs by Sakeliga se Beleidsradar aangesluit om Suid-Afrika se ekonomiese beleidsomgewing te bespreek. Regstellende Aksie, Swart Ekonomiese Bemagtiging, herstelbetalings (“reparations”) en selfs die idee van ‘n ‘belasting op witmense’ is onder oë geneem.

Prof. Klein het onlangs die hoofaanbiedinge by Sakeliga se seminaar: Ekonomie vir Besluitnemers behartig.

Listen to “Prof. Peter Klein oor rassebeleid in Suid-Afrika” on Spreaker.

Prof. Klein is onder andere die bekleër van die W. W. Caruth-leerstoel en professor van ekonomie by Baylor Universiteit se Hankamer School of Business in die VSA. Hy is ook die Carl Menger-navorsingsgenoot verbonde aan die Mises Institute, ‘n vryemarkgerigte opleidingsinstelling in die VSA.

Prof. Peter G. Klein

Volg prof. Klein se skryfwerk by die volgende skakel: https://mises.org/profile/peter-g-klein
Volg hom op Twitter: https://twitter.com/petergklein

Die gasheer vir hierdie episode is Gerhard van Onselen senior ontleder by Sakeliga.

Nota: Inleiding in Afrikaans. Gesprek volg in Engels.

The post Luister aanlyn: Prof. Peter Klein gesels oor BEE in SA appeared first on Sakeliga.


Ander nuus