Hartlike welkom!

Sep 30, 2019

Hartlike welkom by Sakeplein - jou aanlyn sakegemeenskap.

Wat as die sakegemeenskap ’n maklike manier gehad het om mekaar wêreldwyd op te soek en met mekaar besigheid te doen, ongeag plaaslike politieke risiko? 
Dit is waaraan Sakeliga die afgelope jaar gewerk het: ‘n Alternatiewe sakeinfrastruktuur. Wêreldwyd, digital en veilig.

Wanneer ongunstige markte of politiek deure vir jou besigheid toemaak, maak Sakeliga ’n nuwe een oop. Ons noem dit Sakeplein. Sakeplein is Sakeliga se digitale platform vir besigheid.

 Sakeplein is vir jou, vir jou besigheid en jou plaaslike sakegemeenskap.

  • Hier kan jy jou besigheid gratis kom lys en spesiale aanbiedings aan die Sakeliga-netwerk bemark terwyl jy bou aan jou goeie reputasie.
  • Dit is ’n sakekamer-in-’n-boks en gaan jou sakekamer na nuwe hoogtes neem.
  • En dit is ’n interaktiewe netwerkplatform vir jou as persoon wat wil sake doen met mense binne ’n netwerk wat jou waardes deel.

Sakeplein bestaan, per slot van sake, om sy gebruikers se lewens makliker en beter te maak. Ons waardeer daarom jou teenwoordigheid hier - juis omdat ons staatmaak op jou om by te dra tot 'n vry en voorspoedige sakegemeenskap.

Moet dus nie huiwer om enige voorstelle te maak - of om enige laaste goggas aan te meld  - deur gebruik te maak van die tersaaklike item onder die "my dienste" skakel op jou tuisblad nie. Ons hoofdoel is om jou verblyf hier so aangenaam as moontlik te maak!


Ander nuus