Sakeliga-Grafieke: Leidende ekonomiese aanwysers oor die wêreld

Aug 21, 2019

Die volgende grafieke, wat ontleen uit Sakeliga-ETM se Julie 2019 Ekonomiese Oorsig vir Besluitnemers in die Sakewêreld bevat ‘n samevatting van ‘n paar belangrike leidende ekonomiese aanwysers van oor die wêreld.

Hierdie aanwysers word gewoonlik gebruik om idees oor toekomstige ekonomiese toestande te vorm.

Die leidende aanwysers uit Amerika (Grafiek 1) en Europa (grafiek 2) skets nie ‘n prentjie van florerende ekonomiese toestande nie.

Die Amerikaanse leidende ekonomiese aanwysers dui op ‘n noemenswaardige verlangsaming in die VSA se ekonomiese bedrywighede (maar nog nie op ‘n resessie nie).

Op sy beurt beleef Europa klaarblyklik sy eie strukturele ekonomiese probleme wat op die Europese aanwysers reflekteer.

Leidende aanwysers uit Asië (grafiek 3) het onlangs ‘n effense opswaai getoon. Dit is waarskynlik te danke aan fiskale stimulus deur die Chinese beleidsowerhede.

Gegewe die hoë korporatiewe skuldvlakke tesame met onstuimigheid in die Chinese banksektor is dit raadsaam om die opswaai in Asië se leidende aanwysers versigtig te oorweeg.

Die volledige ontleding oor die wêreldekonomie kan by die volgende skakel gelees word.

[Grafieke soos teen Junie 2019.]

 

 

The post Sakeliga-Grafieke: Leidende ekonomiese aanwysers oor die wêreld appeared first on Sakeliga.


Ander nuus