Sakeliga KragDag is om die draai – wen GROOT!

Jul 04, 2019

Met nog net ‘n bietjie meer as ‘n maand oor voor Sakeliga KragDag 2019 gaan dit woelig op die KragDag ekspo terrein, is uitstallers besig om voor te berei om vir besoekers ‘n uitsonderlike ekspo te bied en word daar begin om al hoe meer inligting deur die media bekend te stel. (Loer gerus ook na die Maroela Media artikel oor hierdie jaar se KragDag ekspo.) Besoek ook van tyd tot tyd die KragDag bylaag op Maroela Media by die kieskaart opsie tegnologie > kragdag vir nuus oor KragDag en artikels deur KragDag uitstallers.

Maak seker dat jy vooraf registreer vir gratis ekspo toegang en laat weet sommer ook jou vriende.

Kom kampeer sommer saam! So kan jy die genieting van die KragDag atmosfeer na drie dae rek, kan jy by meer van die arena aktiwiteite, demonstrasies en sprekeraanbiedings in die KragDag Raadsaal en twee landboutente uit kom en is dit dalk selfs moontlik om by almal van die meer as 400 uitstallers ‘n draai te maak.

GRATIS weggee:

  • Staan ‘n kans om ‘n 2 500 liter watertenk te wen – klik HIER om daarvoor in aanmerking te kom.
  • Wen ‘n Sonkragstelsel ter waarde van R192 000 met Virseker en KragDag – klik HIER om daarvoor in aanmerking te kom.

The post Sakeliga KragDag is om die draai – wen GROOT! appeared first on Sakeliga.


Ander nuus