Sakeliga-grafieke: Inkomste en uitgawes van die Suid-Afrikaanse regering

Jul 23, 2019

Nota: Die volgende is ‘n uittreksel uit die Julie 2019 uitgawe van ons Sakeliga-ETM Ekonomiese Oorsig vir Besluitnemers in die Sakewêreld. Lees die volledige verslag hier.

Data soos teen Mei 2019.

Suid-Afrika se begrotingstekort het in K2 2019 beduidend vergroot namate staatsbesteding die hoogte ingeskiet het tot nagenoeg 33% van die BBP, terwyl belastinginkomste effens verbeter het tot 27% van die BBP.

 

Die lopende geannualiseerde tekort bly sowat 5%, veel hoër as die nasionale tesourie se vooruitgeskatte syfers. Met dié soort tekort is Suid-Afrika goed op pad om ’n tekort van R250 miljard vir 2019/20 aan te teken, tensy die fiskale situasie verbeter.

Die president het in sy staatsrede aangekondig die regering gaan R230 miljard aan finansiering vir Eskom uitgee, wat vir bykomende fiskale spanning sorg.

The post Sakeliga-grafieke: Inkomste en uitgawes van die Suid-Afrikaanse regering appeared first on Sakeliga.


Ander nuus